Bobbejane plunder glo oor water

Argieffoto: mydailyclarity.com

Bobbejane gaan glo aanhou om ‘n probleem vir inwoners van die Kaapse Skiereiland te wees tensy daar weer waterpunte vir hulle opgerig word.

The Star het Woensdag berig twee watertenks is 13 jaar gelede vir bobbejane in die Tafelberg-nasionale park opgerig. Een tenk, by Ocean View, is nie onderhou nie en deur vandale beskadig. Die ander tenk, by Slangkop, is deur ‘n brand beskadig en nooit vervang nie.

“Toegang tot water, veral in die warm, droë somermaande, is noodsaaklik vir bobbejane. As hulle nie water buite die stad kry nie, sal hulle enigiets doen om toegang tot water te kry. As hulle eers in die stad is om water te drink sal hulle huise ook plunder vir kos,” het Phil Richardson van Human Wildlife Solutions gesê.

SANParke het ‘n beleid teen die oprig van kunsmatige waterpunte. Hulle het egter vir Human Wildlife Solutions gevra om te monitor hoeveel bobbejane gedurende Februarie by die Slangkop-tenk water gedrink het. “Die ingligting gaan binnekort aan SANParke oorhandig word en dit sal hulle hopelik van plan laat verander,” het Richardson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Antionette ·

Ek sien die klomp bobbejane is net soos die klomp verkragter in ons land!

Marlene45 ·

Ek het iewers gelees dat die volgende oorlog oor WATER sal wees, en soos wat hierdie regering water mors en besoeldel kan dit ‘n werklikheid word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.