Bobby van Jaarsveld, bekendes stap wéér teen geweld

Die sanger Bobby van Jaarsveld tydens die optog in Junie na die Uniegebou.

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan volgende maand saam met die sanger Bobby van Jaarsveld en ander bekendes ʼn optog na die parlement hou om regeringsingryping teen geweldsmisdaad in Suid-Afrika te eis.

AfriForum sê die staptog wat op Woensdag 21 November sal plaasvind, volg op die Stap-teen-geweld-optog wat op 19 Junie na die Uniegebou in Pretoria onderneem is. Volgens AfriForum sal die parlement se Nasionale Vergadering op dié dag in sitting wees en deur AfriForum en die kunstenaars formeel gepetisioneer word. Die inisiatief is geneem in reaksie op die vlaag van geweldsmisdaad wat die land die afgelope paar jaar teister. Die doel is om ʼn duidelike boodskap aan die regering te stuur dat Suid-Afrikaners dit nie verder sal duld nie.
Volgens die sanger, Bobby van Jaarsveld, reis kunstenaars dwarsoor Suid-Afrika en hoor weekliks van mense wat hul geliefdes aan die dood afgestaan het in inbrake, motorkapings en gewapende rooftogte. Ander weer, was slagoffers van ander geweldsmisdade soos verkragting en aanranding. “Hierdie slagoffers is ons ondersteuners en ons kan nie stil sit en toekyk hoe hulle daagliks uitgelewer is aan misdaadbendes wat besig is om mense se regte en vryhede te vertrap nie,” het Van Jaarsveld gesê.

AfriForum sê alle Suid-Afrikaners word genooi om Woensdag 21 November om 9:00 by Keizergracht in Kaapstad saam met AfriForum en die kunstenaars bymekaar te kom. Vandaar sal na die parlement gestap word, waar die speaker van die parlement, mnr MV Sisulu, formeel gepetisioneer sal word. Deelnemers sal swart en wit klere dra: swart om te simboliseer dat hulle rou oor elke Suid-Afrikaner wat vermoor of deur geweldsmisdaad geraak is; en wit om te simboliseer dat daar in vrede vir vrede gestap word.

Vir meer inligting, en om vir die staptog te registreer, besoek www.afriforum.co.za/stapteengeweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annatjie Els ·

Ek voel baie sterk daaroor om te sê…. ek het begrip & empatie vir hierdie saak, maar indien hierdie staptogte nie deel uitmaak van ‘n ‘PRAYER-WALK’ vir ons land & regering nie… dat almal, AfriForum ingesluit, net soveel staptogte kan stap & petisies oorhandig as wat hulle wil & dat dit vrugteloos is & maar beskou kan word as ‘n ‘nie-geweldadige’ optog…. !
‘Die gebed van ‘n Regverdige het groot krag’ en DIT is wat ons behoort te begin uitleef instede van staptogte hou !!
Seënwense aan jou Nico.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.