Bobby van Jaarsveld in motorfietsongeluk

Bobby en Karlien van Jaarsveld. Foto: Phillip Bruwer

Die Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld was Donderdagmiddag in ʼn motorfietsongeluk betrokke.

Hy was op die stel van ʼn nuwe fliek, As Jy Sing, toe die ongeluk plaasgevind het terwyl hy ‘n toertjie wou uitvoer.

Bobby het kort ná die voorval getwiet: “Ek was nou net in ñ motorfiets ongeluk op stel van #AsJySing (my eie skuld) [sic].” 

Ronel Brink, Bobby se ma, het gesê hy is “okay” en dat dit niks ernstig was nie.

Bobby skerts oor die voorval en sê hy het darem met “styl” geval. “Ek is fine, wens net dit was op kamara…..James Bond!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christine naude ·

Baie bly hy is Okay…..maar hoekom is sy sussie saam met hom en nie sy vroutjie nie.?

Melaney ·

AG CHRISTINE!!!!!!!!!!!!!!! wat probeer jy se ???????? hy kan mos wees saam met wie hy wil. En hy is met ‘n VROU getroud, nie ‘n vroutjie nie, Sy VROU is ‘n volwassene !!!!!!!!!!!!!!!! GRO UP !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.