
Bobby, Annatjie en Sion van Jaarsveld Foto: PixelPro Photography: http://www.pixelpro.co.za/new/2012/01/bobby-van-jaarsveld-and-sion/
Die bekende sanger, Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie, se tweede kind is Donderdagmiddag gebore.
Leben is Donderdagmiddag omstreeks 14:00 met ‘n keisersnee gebore. Bobby het op sy Twitter-rekening geskryf: “Dankie vir julle gebede!! Anna is fine! Leben is PERFEK en weeg 3.8kg. Dis ‘n groot man!! Ek loof Yeshua vir die wonderwerk!!! Dankie my God!”
Leben is die paartjie se tweede seuntjie. Hul eerste seuntjie, Sion, is in Oktober 2011 gebore.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Hiiii daar julle seuns is sooooo oulik ek wil ook net se: Bobby jy kon nie vir n beter vrou gevra het nie!!!! Ek hoop en bid dat julle lank gelukkig sal bly. Jou musiek is AWESOME ek is mal daaroor hou so aan!! Lots and lots of LoVe Shane’