Boek ná 63 jaar terugbesorg aan biblioteek

pinocchioIn die Engelse stad, Rugby, is ‘n boek wat 63 jaar gelede by ‘n biblioteek uitgeneem is, pas terugbesorg.

Die persoon wat die boek, “Die avonture van Pinocchio” terugbesorg het, het ‘n amnestie-periode, wat die biblioteek afgekondig het, benut om die boeke boeteloos terug te besorg. Indien die lener die volle boete sou moes vereffen sou hy meer as £4 000 (meer as R72 500) moes opdok.

Die biblioteek het die boek nie vermis nie, waarskynlik omdat dit oor verskeie eksemplare beskik het.

Bronne: Daily Mail, ITV News, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.