Boek verkoop vir $7.9 miljoen

ʼn Skaars eerste uitgawe van die John James Audubon-boek, Birds of America, wat meer as 1 000 manjifieke tekeninge deur die natuurkundige beslaan, is Vrydag teen $7.9 miljoen by ʼn veiling in New York verkoop.

Die bedrag is binne die voorafbepaalde beraming tussen $7-10 miljoen en is die derde hoogste bedrag wat ooit by ʼn veiling vir ʼn gedrukte boek betaal is, het Sung-Hee Park, woordvoerder vir Christie’s gesê. In 2010 is ʼn eerste uitgawe van dié boek by Sotheby’s teen ʼn rekord $11.5 miljoen verkoop. Vrydag se koper is as ʼn privaat Amerikaanse versamelaar identifiseer. Birds of America beslaan 435 lewensgrootte kleurtekeninge van voëls in vier groot volumes. Die 19e eeuse kunstenaar, wat in Frankryk gebore is, se lewensgetroue werke is ʼn gesogte item by veilings en die boeke is uiters skaars. Slegs 120 eksemplare is oor van die 200 oorspronklike eksemplare. Van dié 120 word 107 by instellings bewaar en 13 eksemplare word deur privaateienaars besit. Audubon (1785 – 1851) het gepoog om elke voëlspesie in Amerika te teken. Hy het die voëls eers geskiet sodat hy hulle in fyn besonderhede kon beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.