Boek vir byna R15 miljoen verkoop

Bladsye uit die manuskrip Foto: Sotheby’s

Die stofomslag van die boek volg onderaan die berig. Die afslaer Sotheby’s het gesê Samuel Beckett, Ierse skrywer, se manuskrip van sy eerste novelle het vir bykans £1 miljoen (bykans R15 miljoen) verkoop.

Die University of Reading in Engeland het Woensdag die boek, “Murphy”, wat tussen 1935 en 1936 geskryf is, vir £962 500 op die veiling aangeskaf. Die ses notaboeke bevat die hersiende teks van die novelle sowel as kantlynaantekeninge, sketse van James Joyce en Charlie Chaplin en ʼn gekrabbel.

Die talle hersienings bied insig in Beckett se kreatiewe proses. Daar is agt verwerpte weergawes van die novelle se openingsreël: “The sun shone, having no alternative, on the nothing new.” [Die son het, met geen ander alternatief nie, op die niks nuut nie geskyn.]

Die universiteit se vise-kansellier, David Bell, het gesê die manuskrip sal “ongeëwenaarde geleenthede bied om meer oor een van die wêreld se beste skrywers te leer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.