‘Boelie’-moordsaak: “Hy het gekry wat hy verdien”

Argieffoto

Aanklaers in die boelie-moordsaak het Donderdag die hof versoek om die saak uit te stel.

Die 18-jarige verdagte van Phineas Xulu Sekondêre Skool het Donderdag vir die eerste keer in die landdroshof in Boksburg verskyn. Hy sal vir nog ʼn week lank in aanhouding bly. Die skoolseun het glo sy ma, ʼn metropolisiebeampte, se vuurwapen gesteel en ʼn graad 10-leerder Dinsdag doodgeskiet. Die skoolseun is Maandag glo deur die seun, Nkululeko Ndlovu, geboelie en beroof.

The Star-koerant het Donderdag berig dat niemand ʼn traan wil stort oor die vermeende boelie nie, en dat daar ʼn algemene gevoel is dat hy “gekry het wat hy verdien”. “Ons is verlig dat hy dood is. Ons kan nou ons kos eet en ons geld spandeer,” het een leerling aan die koerant gesê.

Ndlovu se gesin ontken egter hy ʼn probleem-leerling was en beweer dat hulle nie daarvan bewus was dat hy ander kinders glo geboelie het nie. “Al was hy ʼn boelie, is hy nie veronderstel om vermoor te word nie. Bewerings dat hy ʼn boelie was is nuus vir my,” het Smangele Ndlovu, ʼn neef, gesê.

Pinky Tsinyane, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het gesê dat hulle bevestiging ontvang het dat die saak uitgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.