Boelie vermoor glo leerling oor kos

ʼn Kaapstadse tiener verskyn vandag in die hof nadat hy vroeër die week ʼn medeskolier doodgesteek het omdat dié glo nie sy middagete aan hom wou oorhandig nie.

Aphelele Noqqala (14) is Dinsdag met ʼn skerp voorwerp in die nek gesteek by die ingang van die Isilimela Comprehensive-skool in Langa, berig die Daily Voice.

Die slagoffer se ma, Nomthetho (49), sê haar seun het gekla dat daar boelies by die skool is. “Ek weet nie wie my seun aangeval het nie, maar ek weet hy het gesê dat daar kinders is wat tydens pouses hulle kos wil afneem en dat hy een van die kinders is wat weier om sy kos op te gee,” het sy gesê.

Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het aan die koerant gesê die verdagte wat in hegtenis geneem is, is ʼn 15-jarige leerling van dieselfde skool.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Monique ·

Ai dis hartseer dat wat in die ‘grootmens wereld’ aangaan al wys by die kinders.. Ek voel dat omdat daar geen reels, respek, dissipline & ordentlike straf in die land is nie gaan ons nooit iewers kom om misdaad te bekom nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.