Boer aangerand en in kattebak geboender

ʼn Boer van Nigel is Vrydagmiddag in sy plaashuis oorval, in sy motor se kattebak geboender en toe vir sowat nege en ʼn half uur aangehou.

Beeld berig dat die 64-jarige Nicolaas Jacobs omstreeks 14:00 Vrydagmiddag op sy plaas Frisgewaagt aangerand en ontvoer is. Hy is in sy wit Opel Astra se kattebak geboender terwyl sy ontvoerders by sjebiens gekuier het. Hy moes glo ook vir hulle geld by ʼn kitsbank uit sy rekening onttrek. Die polisie het die aanvallers omstreeks 23:30 Vrydagaand in Duduza, ʼn township buite Nigel, voorgekeer. Twee mans is in hegtenis geneem.

Lees die volledige storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.