Jacobus Petrus Botha (73) is Vrydagoggend glo op sy plaas in Arlington in die Vrystaat aangerand en beroof.
OFM berig vier mans het hom met ‘n knopkierie aangeval en geld en vuurwapens geëis. Sy plaaswerkers omstreeks 07:00 op hom afgekom. Hy is in die Senekal-hospitaal opgeneem.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie is op soek na die vier verdagtes.