Boer blameer vir Swartruggens-waterprobleem

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer wat glo ʼn waterklep toegedraai het, word blameer vir die watertoevoer-probleem Sondag in Swartruggens en die Borolelo informele nedersetting in Noordwes.

“ʼn Polisiebeampte was glo teenwoordig toe die boer aan ʼn operateur op die plaas die opdrag gegee het om nie water te pomp nie, sodat sy diere stroom-af kon water kry,” het Thandi Modise, premier van Noordwes, gesê. Sy sê sy wag nog op ʼn verslag oor die voorval.

“Ons doen ʼn beroep op ons gemeenskappe om nie uit woede op te tree na dié beweerde sabotasie nie. Die voorval moet deeglik ondersoek word.”

Lesiba Kgwwele, woordvoerder van die premier, het vroeër gesê die watertoevoer na Mothutlung naby Brits is herstel ná gewelddadige betogings verlede week. Drie mense het tydens die betogings gesterf. Die inwoners was glo twee weke lank sonder water.

Intussen het Agang SA Sondag berig dat die gemeenskap in Jericho in die Madibeng-munisipaliteit, ook sedert verlede jaar nog nie toegang tot water het nie. Victor Molefe, die party se koördineerder, het gesê inwoners is afhanklik van die grootmaat waterstelsel vir watertoevoer.

Kgwele het gesê die tekort aan water in die gebied word aangespreek en die area is geprioritiseer. Hy sê gebiede soos Swartruggens, Borolelo, Derby, Koster, Reagile en Mazista sal voordeel trek uit die implementering van beplande watertoevoerprojekte wat glo miljoene rand sal kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

bushy ·

Ja, die probleme word aangespreek en hulle praat hard maar die probleme wil nie vanself regkom nie

VerVanRyn ·

Hierdie is ‘n sensasie berig op sy beste! Sabotasie se dinges, blameer alles op iemand anders soos dit die kanker regering behaag!

Amelia ·

Ja tipies a en c Blameert altyd ander vir hul foute As mens kyk hoe mors hulle met water krane word nie steweig toe gedraai nie anders word dit net so oop gelos Hul kry dit soos so baie anders dinge verniet Worry net nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.