Boer brand voor dogter dood

Veldbrande in Potchefstroom. Foto: ER24

ʼn 16-jarige meisie van Tzaneen het gesien hoe haar pa voor haar doodbrand nadat hy ʼn veldbrand probeer blus het wat op hul plaas gewoed het.

Beeld berig dat Anicka Brandt saam met haar pa, Thinus, probeer het om die brand te blus maar dat die wind te sterk was. Thinus se vrou, Ansie, sê volgens Anicka het haar pa van die trekker afgeklim toe die vlamme in sy rigting beweeg het. Volgens Anicka was dit egter te laat en het die vlamme hom verswelg. Ansie sê sy het vir haar dogter ʼn kalmeerpil gegee nadat sy in mekaar gesak het toe sy gesien het hoe haar pa doodbrand. “Ek wens sy het dit nie gesien nie.” Sy was egter “verbasend” sterk.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.