Boer byna hele stal en koeitrop kwyt van winde laat

koei‘n Duitse boer wat sy 90 koeie op stal gehou het, is ‘n deel van sy stal en byna die koeitrop kwyt nadat die koeie soveel winde gelaat het dat dit tot ‘n metaangas-ontploffing gelei het, en die stal se dak afgeskiet is.

Een van die koeie is beseer.

Dié ongewone voorval het ‘n blou Maandag aan ‘n boer van Rasdorf besorg.

Volgens bronne kan koeie daagliks tot 500 liter metaangas vrystel. ‘n Masjien in die stal het die vonk verskaf vir die ontploffing.

Bronne: BBC, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Meneer ·

Sjoe! Nie geweet dis só ontvlambaar nie! Maar ek laat as ‘n reël nie winde in my kar nie. Baie gadgets wat ‘n spark kan maak! Jammer oor u skade, boer van Rasdorf. Ek glo dat u koei sommer spoedig sal aansterk. Wat u stal aanbetref, glo ek u versekering sal uitbetaal. Baie sterkte!

Johann ·

DISSSSSSSSSSSS !!!!!!!! wat `n mens nou noem ,melk met `n skop ? , tiermelk ? `n Melk met gas !

Verby is die dae van brandewyn en coke . “Gegaste” melk en brannas !!!!!

Jasper ·

Ons het al n Mosgas by Mosselbaai. Wat van n Koeigas by Coega.

mickey ·

maak my nou erg bekomerd of ek elke oggend veilig is in my bed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.