Boer dagvaar ná hy in riool-mangat val

Argieffoto

Hendrik Odendaal, ʼn 33-jarige boer van Lesley in Mpumalanga, dagvaar die Govan Mbeki-munisipaliteit vir R255 000 nadat hy glo in 2009 in ʼn mangat vol onder andere uitskot en gebruikte kondome geval het, het Beeld Maandag berig.

Volgens die berig is ʼn sielkundige verslag by die hof ingedien waarin beweer word dat Odendaal geestelike trauma beleef het weens die voorval.

Odendaal en ʼn familielid was glo die aand van 20 Februarie 2009 onderweg na ʼn kroeg in die dorp om rugby te kyk. By die kuierplek was daar glo nie genoeg beligting nie en hy het in die oop mangat geval. Hy het glo van die vuil water ingesluk en krapmerke aan sy arms opgedoen soos hy gespook het om uit die gat te kom.

Volgens Beeld het die sielkundige bevind dat Odendaal tekens van post-traumatiese stresversteuring toon. Die koerant berig dat die munisipaliteit, wat ontken dat die mangat nie bedek was nie, verlede week hersiende hofdokumente ingehandig het. Die saak is hierna onbepaald uitgestel.

Die munisipaliteit is na bewering beveel om die regskoste, wat met die uitstel van die hofsaak verband hou, te betaal.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.