Boer dalk vervolg wat ‘inbreker’ doodskiet

ʼn 65-jarige boer van Zeerust in Noordwes gaan moontlik van moord aangekla word nadat hy ʼn vermeende inbreker doodgeskiet het.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê die 65-jarige boer het glo omstreeks 11:30 Woensdagoggend in die sitkamer van sy plaashuis gesit toe sy hond begin blaf en om die huis gehardloop het. Ngubane sê die boer het vermoed dat daar dalk iemand in die huis en is na die slaapkamer waar hy deur ʼn man gekonfronteer is. Daar het glo ʼn struweling tussen die boer en die vermeende inbreker uitgebreek. Die boer het glo sy vuurwapen uitgehaal en ʼn skoot afgevuur in die rigting van die vermeende inbreker. Hy is in die bors getref en is op die toneel dood. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak sowel as ʼn saak van moord. Ngubane sê die boer is nie in hegtenis geneem nie aangesien die saak na die nasionale direkteur van openbare vervolging verwys sal word vir ʼn besluit. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

frikkie ·

Die boer kan nie aangekla word nie, daar kan slegs n ondersoek kom en omrede die inbreker in sy huis was sal die boer loskom. As dit wel die geval is dat die boer aangekla en skuldig bevind word moet ons weet Dit gaan met ons almal gebeur wat onsself beskerm teen inbrekers, huisrowers en boermoordenaars.. Dan moet ons in opstand kom. Finish en klaar.

In vandag se tyd kan jy nie praat en onderhandel met n ongenooide in jou huis nie, die boer moord statistieke skree ten hemele.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.