Boer deur eie varke verslind

Foto: ANP

‘n Boer van Oregon in Amerika wat sy varke gaan kos gee het, was toe self op die varke se spyskaart.

Terry Garner het ‘n paar reusagtige sôe en ‘n beer aangehou, waarvan verskeie swaarder as 300 kilogram weeg. Te min van Garner se oorskot het vir ‘n outopsie oorgebly en die dele wat oorgebly het, is vir forensiese ondersoek weggestuur. Die polisie probeer vasstel of Garner dalk ‘n hartaanval gekry het, of moontlik deur sy varke omgestamp is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.