Twee verpleegsters by ʼn plattelandse gesondheidskliniek in KwaZulu-Natal het glo ʼn siek vyf maande oue baba na ʼn sangoma verwys.
“Die twee verpleegsters by die kliniek naby Dundee word ondersoek,” het Mbali Ntshingila, woordvoerder van die provinsiale hospitaal in Dundee, gesê. Sy het bevestig dat ʼn klag van Paul Theunissen, ʼn plaaslike boer, ontvang is, maar wou nie op die voorval uitbrei nie. “Ons ondersoek die voorval en kan nie enige besonderhede bekend maak nie. Die ondersoek is nog in ʼn vroeë stadium.”
Theunissen het gesê een van sy werknemers het hom verlede week vertel van dié baba wat na ʼn sangoma verwys is. Hy sê een van die verpleegsters het glo vir die ma gesê sy moet die baba na ʼn sangoma neem “omdat die voorvaders kwaad is vir haar”.
“Ons het die baba gaan haal, wat met een of ander tipe muti bedek was, en sieker was as vantevore,” het Theunissen gesê. “Maar die sangoma was huiwerig om haar te laat gaan. Ons kon uiteindelik die baba by ʼn privaatdokter kry wat haar met bronchitis gediagnoseer het.”
Theunissen sê hy het ʼn klag by die hospitaal ingedien.
Die verpleegsters is steeds in diens van die kliniek. Volgens Ntshingila is dit nie die algemene gebruik dat pasiënte na sangomas verwys word nie. “Dit is nie bekend of altwee die verpleegsters in die voorval betrokke is nie.”
Nee wragtig, wat gaan van ons almal word. Hoe onosel is die klomp en dis mense wat na ander se gesondheid omsien. Jaag hulle albei in die see!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!