Boer dood in plaasaanval

Johan van Rensburg, ʼn boer van Limpopo, is Woensdagoggend op sy plaas doodgeskiet en sy vrou ernstig gewond.

Van Rensburg, van die plaas Cosmopolite naby Baltimore in die Tolwe-omgewing, is doodgeskiet en sy vrou, Glaudina, ernstig gewond ná sy glo in die bors geskiet is. Vier gewapende mans het glo hul huis in die vroeë oggendure betree. Dit is nog nie duidelik of iets van die egpaar geroof is nie. Die verdagtes het te voet gevlug.

Volgens kolonel Ronel Otto, ʼn woordvoerder van die Limpopo-polisie, is inligting nog skaars. Sy kon wel aan Maroela Media bevestig dat ʼn man doodgeskiet is en die vrou glo in die bors geskiet is. Sy is tans in ʼn ernstige toestand in die hospitaal. Otto het gesê vier verdagtes het na bewering omstreeks 04:00 die egpaar se woning betree. Sy het gesê die Tolwe-polisie en boere in die gemeenskap werk tans nou saam om die verdagtes te soek. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

André Maré van die TLU SA het vanoggend aan Maroela Media gesê dit is ʼn treurige dag vir die Bosveld. “Oom Johan was ʼn lid van TLU SA en het gedien as sekretaris van die Koedoesrand-Boerevereniging, asook sekretaris van die TLU. Ons het ʼn groot yster verloor wat diep spore in die bosveld agterlaat. Ons as TLU SA wens hiermee ons leedwese met die familie. Mag God in sy almag in die moeilike tyd met julle wees,” het Maré gesê.

Die voorval volg ʼn dag ná sowat 2 000 mense aan ʼn optog na die Uniegebou deelgeneem het om teen misdaad te betoog. Die groep mense het ʼn memorandum aan die presidensie oorhandig. Die memorandum eis onder andere dat plaasmoorde as ʼn prioriteitmisdaad geklassifiseer word en dat spesialiseenhede vir landelike veiligheid ingestel word. Klik hier vir foto’s van dié geleentheid en om die volledige memorandum te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie Breed ·

waar is ons, dit is tyd om terug te slaan. Watse nasie is ons wit velle. ons doen niks want jou kind is nog nie vermoor nie.Saamstaan ons kan hulle met geld kelder want dit het ons. Saamstaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.