Boer dreig om water af te sny

‘n Boer van die Noord-Kaap het gedreig om nie meer water aan Victoria-Wes te voorsien nie, aangesien die plaaslike munisipaliteit hom nog nie betaal het nie, het Rapport Sondag berig.

Andrew Conroy, eienaar van die plaas Biesjiesfontein, voer aan die Ubuntu-munisipaliteit skuld hom R350 000 vir water wat hy van sy plaas na die dorp voorsien. Die munisipaliteit het glo ook nie sy 20-jaar kontrak met hom hernieu toe dit in 2006 verval het nie. Hy voorsien al die afgelope 30 jaar water aan die dorp.

Conroy het Vrydag in ‘n advertensie in die plaaslike koerant, die Victoria West Messenger, gedreig om die watervoorsiening op 1 Augustus af te sny indien hy nie betaal word nie en sy kontrak nie hernieu word nie.

“Intussen hou hy [Conroy] die pompe aan die gang en betaal hy vir die elektrisiteit,” het Kennet Sinclair, wat die Noord-Kaap in die Nasionale Raad van Provinsies verteenwoordig, aan Rapport gesê.

Martin Fillis, munisipale bestuurder, het gesê die munisipaliteit sal nie onder druk geplaas word nie. “Conroy is nie die enigste waterbron nie. Dit is gebied waar water skaars is, so ons bewaar almal die hulpbronne. Laat dié saak tussen ons en Conroy; ek het nie tyd om klippe te gooi nie,” het Fillis glo gesê.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Dis baie jammer dat Martin Fillis, die munisipale bestuurder, nie oor die nodige insig en wysheid beskik om te weet dat vir noodsaaklike diente betaal moet word nie en die versoek om aandag te skenk aan ‘n allerbelangrike saak, afmaak as dat die Munisipaliteit homself nie “onder druk laat plaas nie”

Mnr Fillis moet besef dat hy besig is om te dobbel met die voortbestaan van ‘n ganse dorp wie afhanklik is van die waterlewering van ‘n voorsiener reeds vir baie jare en dat die aangeleentheid nie sommer so afgemaak kan word as iets nietigs nie.

Dit is juis as gevolg van hierdie soort ongeërgde en onverantwoordelike houding van ‘n Fillis dat soveel owerheidsake al liederlik skeef geloop het. Die man sal tot orde geroep moet word.

Meneer ·

Fillis hoort op die vullishoop. Sonder enige water. Gemors. Dief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.