
Lees ook: Villiers-boer stabiel ná aanval
ʼn Boer is ernstig beseer in ʼn plaasaanval buite Villiers in die Vrystaat.
Sers. Thabo Litabe, woordvoerder van die polisie, sê twee mans het omstreeks 4:00 Sondagoggend by die bejaarde egpaar se plaashuis ingebreek. “Hulle het die paartjie wakker gemaak waarna hulle die boer geskiet en sy vrou in die kluis toegesluit het.” Litabe sê die mans het met ʼn onbekende bedrag geld, twee vuurwapens en een van die egpaar se motors op die vlug geslaan. Die motor is later verlate naby Heidelberg gevind. Litabe sê die 64-jarige boer is per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem terwyl sy vrou na ʼn hospitaal in Frankfort vir behandeling geneem is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Enigiemand met inligting kan die Villiers-polisiestasie kontak by 058 821 3009.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
DIT IS ERG WAT IN DIE LAND GEBEUR.STERKTE VIR JULLE
Dit is my familie!!!!!! Mag hulle die doners kry en martel
Gaan die gemors ooit stop, ek HAAT hulle al hoe meer……..