Boer gevonnis vir moord

tronkdeurLouis Maree (70), ʼn boer van die plaas Water Vaal in Verkeerdevlei in die Vrystaat, is deur die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Jermiah Botsane.

“Maree is op 11 Desember gevonnis,” het konst. M. Langa, woordvoerder van die polisie, Donderdag in ‘n verklaring gesê.

Botsane en sy vriende het glo op 27 Maart 2010 omstreeks 10:00 hase op die plaas Water Vaal gejag met honde. Maree en nog ʼn man het die mans betrap en Maree het Botsane aangesê om die plaas te verlaat. Hy het glo ʼn jaggeweer op Botsane gerig.

“Botsane het nie ag geslaan op die versoek nie en Maree het drie skote in sy rigting geskiet,” het Langa gesê.

Botsane het glo dadelik die mans, wat saam met hom gejag het, op sy selfoon gebel en gesê hy is geskiet. Hulle het hom later dood aangetref in ʼn plas bloed.

Die patoloog het in ʼn voorlopige ondersoek gesê ʼn opslagkoeël het Botsane van agter getref toe hy weggehardloop het.

Die polisie het ʼn nadoodse ondersoek gelas en dit is by die Verkeerdevlei-landdroshof geregistreer. Die aanklag is egter teruggetrek weens swak ondersoekwerk en ʼn gebrek aan bewyse.

Ao Chippa Molete is deur die provinsiale speurdiens aangestel om die saak weer te ondersoek. Die liggaam van die oorledene is opgegrawe en ballistiese toetse is gedoen vir ʼn nadoodse ondersoek om te bepaal wat op dié noodlottige dag gebeur het.

Die nadoodse ondersoek het bevind dat die slagoffer doodgeskiet is terwyl hy en die beskuldigde vir mekaar gekyk het.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en moes op vier aanklagte van moord, die rig van ʼn vuurwapen, opsetlike saakbeskadiging en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, in die Bloemfonteinse hooggeregshof verskyn. Een van die verdagtes is vrygelaat ná drie van die aanklagte deur die hof teruggetrek is.

Maree is skuldig bevind en 12 jaar tronkstraf opgelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AMELIA ·

Sulke goed maak mens opstandig Oom het hom gevra om plaas te verlaat hoekom het hul nie? Met al die plaas moorde en aanvalle glo ek sou baie ander ook geskiet het natuurlik die oom getart Sulke peste doen net wat hul wil En weer eens meer as een dalk wou die ander huis gaan beroof en toe kry hul die oproep van een wat geskiet is Net een vraag wat soek hul daar baie ander plek om hase se jag net weer n verskoning

Gawie Botha ·

Is dit n misdryf om op iemand anders se plaas/eiendom met honde te jag,sonder die eienaar se toestemming,is daar in die geskiednis van Suid Afrika mense al van te vore skuldig bevind,vir betredeing of die jag van wild met honde!
Sal dit die rede wees dat die nou aangeklaagde vir moord,nie die aangeleentheid by die polisie geraporteer het op vorige geleenthede omdat dit nie n misdaad is.,om met honde op n plaas te jag sonder toestemming.
Hierdie boer moes sekerlik op die stadium so gefrustreerd gewees het,en met die vind van die persoon met sy honde op die plaas ,soder die eienaar se toestemming,so geprovikeer gewees het,dat hy die beskuldigde,tydelik in n vlaag van woede ,nie besef het,wat se handeling hy uitgevoer het!,,,,,,,,,,,,,,,,,,so tragies dat die staat met vervolgsugtigheid teeoor die blanke “Boer”,net eensydige handelinge uitvoer!

Trippie ·

Amelia en Gawie, ek stem 100% saam met julle. Wat soek hulle op die boer se eiendom ? Het ondervinding nie al geleer dat die oortreders nie daar is om koek en tee te geniet nie, maar met die uitsluitlike doel om te moor ? Dikwels sonder om enigiets te steel ook !

Nee wat, die regstelsel het hierdie boer in die steek gelaat.

Marlene ·

Kan Afrforum nie hier ingryp nie? Iets is nie baie lekker nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.