Boer glo deur plaaswerker vermoor in Wes-Kaap

ʼn 17-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn boer in Merweville in die Wes-Kaap vermoor het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sê volgens ʼn voorlopige ondersoek het Frederick Snyders (35) en sy vrou Maandagaand op hulle stoep gesit toe ʼn plaaswerkers na hulle toe aangestap gekom het. “Hy het glo Snyders se vuurwapen uit die bakkie gehaal en skielik ʼn skoot afgevuur wat Snyders in die kop getref het,” sê Pojie. Snyders is op die toneel dood. Die jeugdige het glo nog skote afgevuur in Snyders se vrou se rigting maar gemis. Hy het die vuurwapen later aan Snyders se vrou gegee voor hy homself aan die polisie oorgegee het. Pojie sê die jeugdige het ten tyde van die voorval op die plaas gewerk. “ Die motief vir die moord is glo ʼn argument tussen Snyders en die jeugdige Maandagmiddag,” sê Pojie. Die jeugdige sal Donderdag in die Leeu Gamka landdroshof verskyn op aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.