Boer in Roossenekal vermoor, gesin vasgebind

ʼn Boer van Roossenekal in Limpopo is Maandagoggend in sy huis deur drie rowers doodgeskiet.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt kol Ronel Otto, sê die boer, Francois du Toit (38), het vroeg Maandagoggend wakker geskrik toe hy geluide buite die huis gehoor het. “Hy het glo ʼn vuurwapen uit ʼn kassie of laai probeer haal maar toe hy omdraai was daar reeds drie rowers in die kamer.” Otto sê daar het glo ʼn skietgeveg tussen Du Toit en die rowers uitgebreek en Du Toit is in die kop en bors geskiet. Hy is op die toneel dood. “Sy vrou en twee kinders is met toue vasgebind en die rowers het aangedring op die kluis se sleutels. “ Otto sê die rowers het twee pistole en twee gewere gevat voor hulle met die gesin se twee Nissan Nivara-bakkies op die vlug geslaan het. Een van die bakkies is later op die plaas gevind terwyl die ander bakkie net buite die plaas gevind is. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.