Boer kry R28 miljoen-boete

Die departement van arbeid het Woensdag ʼn boer van Limpopo met ʼn R28 miljoen oortredingskennisgewing belas omdat hy glo versuim het om aan verskeie arbeidsregulasies te voldoen.

Phaswane Tladi, die departement se adjunkdirekteur, sê die boer besit meer as 20 plase in die provinsie en het meer as 2 000 werknemers. “Hy betaal onder andere sy werkers minder as wat die minimum loon vereis. Hy het ook versuim om van die werkers se verlof uit te betaal en het sonder hul toestemming geld van hul lone afgetrek,” het Tladi gesê.

“Die boer het 21 dae om op die nakomingsbevel te reageer. Indien hy versuim, sal die saak na die arbeidshof geneem word om die nakomingsbevel ʼn hofbevel te maak,” het Tladi gesê.

Peet van Niekerk, die menslikehulpbronnebestuurder op die plaas, het die nakomingsbevel namens die boer ontvang en gesê hulle verwelkom die bevindinge van die departement.

“Die plaas se bestuur sal in kennis gestel word en die nodige stappe sal gedoen word om die situasie reg te stel,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Monique ·

28Miljoen rand??? Dis mos nou verregaande!! Nie eens n barbaar wat iemand vermoor kry ooit so ‘n boete nie! Maar die man se vel is mos wit so hy kan mos betaal…

Leslie ·

As hulle sal kyk na hul eie mense, wat word hulle betaal, daar is geen voordele nie geen betaling aan die werkloosheids versekering of wat dit ook ak is
Die wit boere moet dit alles doen, hulle is uit en uit om die wit mense se lewe te vergal
Maar hulle dag sal kom, en dit is nie meer baie lank nie

Skurf ·

Neewat nou het ek alles gehoor,lyk my ek sal nog elkedag iets leer en hoor…….

wynand ·

Ja en oor twee maande sit 2000 mense sonder werk,ook maar lekker stupid

Rosy ·

Dis darem hopeloos te erg.Eerstens wil hulle die boer so geldelik uitput,dat hy dalk op die end hulle almal sal moet afbetaal,die boer sorg vir 2000 mense maar word dit raak gesien,maar so is hulle maar ondankbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.