Boer loof reuse beloning uit na renosterstropery

Foto: www.rhinoconservation.org

ʼn Boer van Hartenbos het Dinsdag ʼn reuse beloning uitgeloof vir inligting oor ʼn renosterbul wat die naweek op sy plaas doodgemaak is.

Die Burger berig dat Kobus Crous ʼn beloning van R100 000 aanbied vir enige inligting oor die stropers. Die vyf jaar oue renosterbul se karkas is Maandag op Crous se wildplaas, Bergsig, gevind. Sy horings is verwyder. Crous sê dié renosterbul en ʼn koei het saam in ʼn kamp geloop en is op die plaas gebore. “Hulle was die eerste renosters wat hier gebore is en was baie na aan my hart. Hulle was mak en het altyd nuuskierig nader gekom as ’n mens naby hulle stilhou.” Enigiemand met inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die stroper(s) kan die ondersoekbeampte, ao. Boet Olckers, by 00713517450 bel.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.