Boer mag nie ontsnapte krokodille vang nie

Argieffoto

Zane Langman, die krokodilboer van Limpopo van wie se plaas duisende krokodille ná ʼn vloed ontsnap het, is verbied om die diere verder te vang.

Langman, die eienaar van Rakwena-krokodilplaas in die Pontdrif-omgewing, het Donderdag aan Beeld gesê hy onderhandel met die departement van omgewingsake oor dié besluit.

“Die departement het vir ons gesê ons mag nie krokodille in die Limpoporivier vang nie, omdat ons nie eienaarskap van die diere kan bewys nie,” het hy gesê.

Die krokodille het wêreldwyd opslae gemaak nadat sowat 7 000 tydens onlangse vloede in die gebied ontsnap het.

Rakwena voer krokodilvelle uit na Italië en verkoop die vleis plaaslik.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.