Boer oorleef leeu-aanval

‘n Boer van Zimbabwe het ‘n leeu-aanval oorleef.

The Chronicle het Saterdag berig dat ‘n leeuwyfie op Joel Ngwenya naby die Hwange-natuurreservaat, in die verre noordwestelike gedeelte van die land, afgestorm het, en sy arms en bolyf gegryp het en hom bewusteloos gelaat het. “Die leeuwyfie het reg in my oë gekyk, en gestaar en gebrul,” het Ngwenya uit sy hospitaalkamer gesê, berig Salon. Die leeu het hom glo met haar pote vasgedruk en in sy gesig bly staar. Sy het vir ‘n kort rukkie aandag gegee aan ‘n leeuwelpie, en toe weer haar aandag op hom gevestig. Hy het uiteindelik sy bewussyn herwin. “Die leeu het my net daar laat lê en toe weggegaan,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.