Boer pleit skuldig aan moord

Piet Swart (57), ‘n boer van Limpopo, het Donderdag in die landdroshof in Groblersdal skuldig gepleit aan die moord van ‘n 14-jarige seun.

Swart het skuld erken aan die moord, aanranding met die doel om ernstige leed aan te rig, en drie aanklagte van algemene aanranding, het lt.kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie in Limpopo gesê.

Swart het verlede jaar op seuns geskiet wat in ‘n dam op sy plaas vis gevang het. Die 14-jarige is in die kop getref. ‘n 17-jarige is in sy linkerhand getref.

“Hy is tot 5 jaar tronkstraf gevonnis. Die vonnis is ten volle opgeskort op voorwaarde dat hy tydens dié periode nie ‘n soortgelyke misdaad pleeg nie,” het Otto gesê.

Swart is ook aangesê om R100 000 aan die families van die slagoffers te betaal. “Die familie van die oorledene sal R75 000 ontvang, en die familie van die 17-jarige seun sal R25 000 ontvang,” het sy bygevoeg.

Swart het die gewonde tieners hospitaal toe geneem waar die 14-jarige dood verklaar is. Die 17-jarige is behandel en ontslaan. Die twee ander kinders is nie in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.