Boer se liggaam in vrieskas opgespoor

Argieffoto

Die liggaam van ‘n Queenstown-boer is in ‘n vrieskas opgespoor, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.

“Die 67-jarige man se liggaam is Maandag in sy winkel opgespoor,” het lt. Pumzile Makaula, woordvoerder van die polisie, gesê. Die man se werknemers het bekommerd geraak toe hy nie die hek vir hulle oopgemaak het nie en het na hom begin soek.

Makaula sê ‘n nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.