Boer se ‘moordenaar’ wéér vas

Sthembiso Vincent Shabalala

Sthembiso Vincent Shabalala. Foto: SAPD

ʼn Man wat van moord en roof aangekla word, is weer agter tralies nadat hy vroeër tydens ʼn hofverskyning in die Pietermaritzburg landdroshof in KwaZulu-Natal ontsnap het.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê Sthembiso Vincent Shabalala (34) het Vrydag in die Pietermaritzburg landdroshof verskyn op aanklagte van ontsnapping. Shabalala het op 2 Desember uit dié hof ontsnap nadat hy op aanklagte van moord, roof en aanranding verskyn het. Hy is Donderdagaand by ʼn huis in Morning Rise in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het. Shabala word daarvan beskuldig dat hy Rob Anderson, ʼn boer van Richmond, in Augustus 2012 vermoor en sy bakkie gesteel het. Die voorval het ʼn week voor Anderson se 39ste verjaarsdag plaasgevind. Shabalala is kort na die voorval in hegtenis geneem. Shabalala is ook later van aanranding aangekla nadat hy ʼn tronkbewaarder glo met ʼn stoel geslaan het. Shabalala bly intussen in aanhouding en sal weer op 22 Januarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsabe ·

Lyk of hy teen die deur vasgeloop het. Siestog.
Hierdie ou is wild. Hom gaan hulle moet vasboei aan die tralies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.