Boer skiet vermeende koperdief

‘n Boer van Limpopo het ‘n vermeende rower doodgeskiet nadat hy hom van koperkabels probeer beroof het.

‘n Polisiewoordvoerder, lt. Kol. Mohale Ramatseba, sê vyf mans het Saterdagmiddag die boer se plaas in Trichardtsdal in die Maake-area binnegegaan. Die boer is met ‘n panga op die kop geslaan. Hy kon egter daarin slaag om sy vuurwapen in die hande te kry en op die indringers te skiet. ‘n 30-jarige man is in die skietery dood. Sy medepligtes het op die vlug geslaan sonder om iets te roof. Die boer is in die hospitaal opgeneem. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.