Boer skuldig bevind aan dieremishandeling

Argieffoto

ʼn Hof in Noordwes het ʼn boer, Derick van Wyk, skuldig bevind aan dieremishandeling en hom tot ʼn jaar tronkstraf of ʼn boete van R30 000 gevonnis.

Die nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het vroeër vanjaar klagtes ondersoek van sterwende beeste op Van Wyk se plaas in Groot Marico. Sowat 600 beeste is op die perseel gevind, waarvan omtrent die helfte daarvan uitgeteer was.

Volgens Jaco Pieterse, ʼn woordvoerder van die NDBV, moes vier van die beeste van kant gemaak word.

Pieterse sê egter die NDBV verwelkom die vonnis, berig OFM. “Die uitslag van die hofsaak is deurslaggewend,” het hy gesê. “Dit is een van die ergste vonnisse vir dieremishandeling wat ooit in ʼn Suid-Afrikaanse hof opgelê is.”
Landdros Steyn Fourie het verder beveel dat Van Wyk alle kostes wat die NDBV moes aangaan, binne 30 dae aan die organisasie moet uitbetaal.

Bron: OFM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John van Rooyen ·

graag wil ek hoor of die NDBV in die informele nedersettings nie ook so deurbraak kan maak nie want omtrent 80% van die beeste in die gemeenskappe is uitgeteer en loop in die paaie en veroorsaak ongelukke en as mens die DBV op Polokwane skakel dan sal hulle gaan kyk en elke keer is hulle terugvoering dieselfde geen beeste of donkies is gevind wat aangemeld is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.