Boer sterf ná Noordwes-plaasaanval

Frans en Hennie van der Schyff

Frans en Hennie van der Schyff

Frans van der Schyff (75) het Vrydagaand in die Millpark-hospitaal aan sy beserings beswyk nadat hy en sy vrou, Hennie, Woensdag op hul plaas in Noordwes aangeval is.

“Hy is gisteraand oorlede,” het brig. Thulane Ngubane, woordvoerder van die polisie in Noordwes, Saterdag aan Maroela Media bevestig.

Van der Schyff en Hennie (73), is op hul plaas Môrester tussen Klerksdorp en Ventersdorp aangeval. Hy het kritieke beserings opgedoen terwyl Hennie in die aanval gesterf het.

Die twee verdagtes wat in verband met die voorval aangekeer is, sal Maandag in die hof in Klerksdorp verskyn. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Net-Ekke ·

Ek glo in God, maar daar is twee gebooie wat ek net nie meer kan nakom nie. My innige simpatie met die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.