Boer sterf ná trekker op hom val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Boer van Bethlehem in die Vrystaat is dood nadat ʼn trekker, waaraan hy gewerk het, op hom geval het.

“Die man, in sy veertigs, het Dinsdagaand laat aan die trekker gewerk,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, Woensdag gesê. “Sy vrou het Woensdagoggend gesien haar man het nog nie huis toe gekom nie.”

Die boer se seun het na hom gaan soek en was geskok toe hy op sy pa se liggaam onder die trekker afgekom het.

Die man is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.