Boer tronk toe na hy Boeremaglede versteek

Herman van Rooyen word op 20 Januarie 2007 deur die polisie in Centurion, Pretoria in hegtenis geneem. Foto: SAPA

Jaco Bogaards (53), ‘n boer van Modimolle in Limpopo, is gister in die streekhof tot effektief drie jaar tronkstraf gevonnis na hy twee vermeende Boeremaglede op sy plaas versteek het.

Beeld berig Bogaards is tot vier jaar tronkstraf gevonnis waarvan een jaar opgeskort is. “Ek sal my pak vat. Sê groete vir almal,” het Bogaards glo na die hofsaak gesê. Sy verdediging wou teen die vonnis appelleer maar Bogaards het daar teen besluit. “Dit mergel die familie uit,” het hy gesê. Bogaards is skuldig bevind aan die oortreding van die terreurwet nadat hy Rudi Gouws en Herman van Rooyen sowat agt maande lank op sy plaas tussen Modimolle en Bela-Bela versteek het nadat hulle uit die hooggeregshof in Pretoria ontsnap het. Bogaards is in verskeie hoewe gevonnis nadat hy telkens appèl aangeteken het. Die konstitusionele hof het die saak terugverwys na die streekhof vir ʼn nuwe vonnis.

SAPA

Rudi Gouws word op 20 Januarie 2007 deur die polisie in Centurion, Pretoria in hegtenis geneem. Foto: SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

E J Otto ·

Ek verstaan nie Die swartmense steek hul maters weg Hul vedoem bedrog maar niemand word toegesluit nie Vader weet ek is nie boeremag nie Maar hoekom geld hierdei tipe oortreding net vir sekere mense!

cecilia ·

Ek stem 100%saam met Otto.Swartes versteek mekaar en dit word nie uitgewys nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.