Boer van Bloemhof vermoor

ʼn Boer van Bloemhof in Noordwes se liggaam is Dinsdagoggend in sy plaashuis gekry nadat hy vermoedelik doodgeslaan is.

ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê Adriaan Johannes (At) van der Merwe (46) se liggaam is omstreeks 7:00 Dinsdagoggend op die vloer van sy studeerkamer gevind. Hy het erge kopbeserings opgedoen. Ngubane sê die aanvallers het na bewering Maandagaand toegang tot die huis gekry deur ʼn gat onderdeur ʼn heining te grawe. “Die verdagtes het die voordeur van die plaashuis afgebreek.” Van der Merwe se silwer Toyota Rav 4 word vermis. Die registrasienommer is FTY116NW. Die polisie het enigiemand met inligting gevra om hulle naaste polisiekantoor of CrimeStop te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Letitia Posthumus ·

Dit is hard verskeurend om dit te lees…………..!!!!
Kan ons boere en Renosters nou asb deur die regering opgepas word nie!!!
Ai ai wat te veel is is te veel!!!!! :(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.