Boer van De Doorns in hegtenis geneem

ʼn Boer is Dinsdag in De Doorns in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn skoot na een van die stakende plaasarbeiders gevuur het.

“Die plaaseienaar is vir poging tot moord in hegtenis geneem,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap gesê. Sowat 8 000 plaasarbeiders het Dinsdag in De Doorns bymekaar gekom om te betoog. “Die situasie is tans kalm. Hulle is besig om stadigaan weer te verdaag en nog polisiebeamptes is ontplooi om die situasie te beheer,” het Traut gesê.

Wouter Kriel, woordvoerder vir landbou LUR Gerrit van Rensburg, het gesê dit is nog steeds nie duidelik waarom die plaasarbeiders betoog nie. “Daar is nie ʼn spesifieke leiersgroep nie, en geen lys van eise is nog oorhandig nie – die een ding wat baie belangrik is om die gesprek mee te begin,” het Kriel gesê.

Die N1-snelweg is Maandag tussen Touwsrivier en De Doorns gesluit nadat plaasarbeiders in die straat vergader het. Meer as 30 hektaar wingerde is in die betoging verwoes.

Die polisie het aanvanklik gesê die betoging handel oor ʼn loongeskil, maar die departement van arbeid ontken dit. “Dit is nie ʼn arbeidstaking nie en word nie deur plaasarbeiders gereël nie, alhoewel hulle daarby betrokke is. Dit blyk polities gemotiveerd te wees,” het Kriel bygevoeg. “Daar is baie intimidasie. Ons het heelwat seisoenarbeiders op die plase vir die aanvangs van die druiweseisoen. Dit is nie tradisionele arbeiders wat betrokke is nie, maar die seisoenarbeiders.”

Die vakbondfederasie Cosatu in die Wes-Kaap het gesê hy ondersteun eise deur plaasarbeiders en inwoners van De Doorns vir ʼn “leefbare loon” en menswaardige lewensomstandighede met basiese dienste en behoorlike behuisingsplanne. “Talle van die arbeiders is al vir te lank deur boere in die landbousektor uitgebuit, en dit moet nou ʼn end kry,” het Tony Ehrenreich, provinsiale sekretaris van Cosatu gesê. “Daar kan nie van mense verwag word om van die hand na die mond te leef terwyl boere baat by die uitbuiting nie.” Hy doen ʼn beroep op arbeiders en inwoners om hulle nie tot geweld te wend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Skurf ·

Ek hoop eerstens dat die omliggende boere hierdie boer sal bystaan waarookal hy inhegtenis geneem is en hom nie alleen te los nie al gebeur wat,tweedens Mnr tony Ehrenreich moet bietjie meer inligting begin ontvang voordat hy sy eie kant probeer toe stop om nie in die moeilikheid te kom nie ,,,,,,,,,sy mond is reeds seker al vol botter en sommer room ook gesmeer,ek glo hierdie boere moet vergoed word deur die brandstigting komitee as ek dit so kan stel,,,,,,,en dat hulle ook inhegtenis geneem moet word,vir die beskadiging van eiendom en die toemaak van n publikepad………..ek dink as die weskaapse boer enigsins so iets sou probeer in die stakers se omgewing sou hy ook vermoor gewees het,en weereens sou niks daaraan gedoen word nie,defnitief wit teen swart……….of bruin of geel dit maak nie saak nie………..Dan ook aan Mnr. Andre Traut ek hoop jy sit met n motivering om wel jou werk ordentlik te doen,wonder maar net ,of gaan jy maar in die ou stroompie afvloei en net alles miskyk soos jou mede werkers………..

Johan Henning ·

Die opskrif van die berig trek die oog, maar o wee, net ‘n enkele lyntjie word aan die ongelukkige boer opgedra.
Die res van die beriggewing word gefokus op die kommunisties geinspireerde opstande wat deur Ehrenreich en sy gespuis.
Geen wonder die Boere word so misken nie. Daardie enkele inleidende paragraaf, gelese met die res van die berig, maak van hierdie boer ‘n misdadiger…………..
Wat het tog van korrekte en ware beriggewing geword, of word dit ook beheer deur die Zuma klan??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.