Boer van Ficksburg vermoor

Christopher Preece, ʼn boer van die Vrystaat, is dood en sy vrou beseer toe drie mans hulle met pangas op hul plaas in Ficksburg aangeval het.

Preece (54) is Saterdagaand aangeval toe hy buite toe gegaan het om ondersoek in te stel waarom die elektrisiteitstoevoer na hul Fleur de Lis-plaas, naby die Lesotho-grens, afgesny is. “Preece het na die huis toe gevlug, maar sy aanvallers het hom ingehaal en met die aanval voortgegaan,” het kaptein Phumelelo Dhlamini, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê.

Preece is op die toneel dood verklaar.

Sy vrou, Felicity Preece (56) is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Hul aanvallers het R3 000 en ʼn selfoon gesteel.

Die polisie is deur plaasarbeiders, wat Sondagoggend vir werk opgedaag het, in kennis gestel. Felicity is na die Dihladeng-hospitaal in Bethlehem geneem. Sy was in ʼn kritieke toestand.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.