Boer van Limpopo se moordsaak uitgestel

ʼn Boer van Limpopo wat daarvan aangekla word dat hy ʼn 14-jarige seun vermoor het, het Dinsdag in die landdroshof in Groblersdal verskyn, het die polisie gesê.

Die saak teen Piet Swart (57) is tot 24 Julie uitgestel en sy verhoor op aanklagte van moord en poging tot moord sal dan begin, het lt.kol. Ronel Otto gesê. Swart het glo na ʼn groep seuns geskiet wat in ʼn dam op sy plaas vis gevang het. Een van die seuns, ʼn 14-jarige, is in die kop getref. ʼn 17-jarige seun is in die linkerhand getref. Swart het die tieners na die hospitaal geneem, waar die 14-jarige dood verklaar is. Die ander seun is behandel en ontslaan. Die twee ander kinders is nie in die voorval beseer nie. Hy het glo tydens sy vorige hofverskyning aangevoer dat hy oor die seuns se koppe wou skiet. Swart het ook na bewering onlangs sy honde losgelaat op ʼn vroulike werker en ʼn ander werker bygedam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.