Boer vas ná hy glo tiener doodskiet

ʼn Tienerseun is doodgeskiet en ʼn ander beseer nadat ʼn boer van Groblersdal glo op hulle geskiet het nadat hulle glo op sy plaas visgevang het.

ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Ronel Otto, sê die 58-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van moord en poging tot moord. Otto sê die man het na bewering op vier tieners losgebrand nadat hy gesien het hulle vang vis by ʼn dam op sy plaas. Die tieners het glo weggehardloop toe hulle die boer sien. Een van die jeugdiges, ʼn 14-jarige seun, is in die kop getref terwyl ʼn 17-jarige seun in sy linkerhand gewond is. Die ander twee tieners is ongedeerd. Die boer het die gewonde tieners na ʼn hospitaal geneem waar die 14-jarige seun dood verklaar is. Die man sal na verwagting Donderdag in die Groblersdal landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.