Boer vat mynreus aan

ʼn Boer van Delmas in Mpumalanga is keelvol vir hoe myne in die gebied opereer en het besluit om ʼn mynreus aan te vat.

Beeld berig die boer het Sondag ’n klag teen Exxaro by die Blou Skerpioene aanhangig gemaak omdat dié mynreus glo ’n vlei uitgemyn én nou ’n pan by Leeuwpan begin myn het. Dít kom sowat drie weke nadat Edna Molewa, minister van waterwese, in ’n skriftelike antwoord op ’n vraag deur die DA gesê het Exxaro oortree die Waterwet by sy Leeuwpan-steenkoolmyn.

Peet Bezuidenhout, ’n boer van Delmas, het aan Beeld gesê hy het gister die klag by Nigel Adams, hoof van die Blou Skerpioene, aanhangig gemaak omdat Exxaro die vlei uitgemyn het, die pan onlangs gedreineer het en dit nou begin myn het. Die vlei en die pan lê langs mekaar op die plaas Weltevreden. Adams het gesê wetstoepassers sal die myn besoek.

Hilton Atkinson, Exxaro se woordvoerder, het gister by navraag aan Beeld gesê hy kan net vrae in kantoorure beantwoord en sal vandag op Bezuidenhout se klag reageer.
Volgens Bezuidenhout maak die myne by Delmas dit vir die boere feitlik onmoontlik om te boer.

Sien volle storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.