Boer vermoor kort voor aftrede

Peter Hackland (61) is Dinsdag helder oordag op sy plaas in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

The Witness berig Hackland, en ʼn vroulike metgesel, is in die middag op sy plaas Cromleigh in Carisbrook, Ixopo, deur twee mans aangeval. Hackland en die vrou het glo buite die huis gewerk en is deur die aanvallers oorweldig toe hulle in die huis in gegaan het. Die aanvallers het Hackland noodlottig gewond en die vrou aangeval en beseer. Die verdagtes het met ʼn onbekende hoeveelheid kontant gevlug.

Hackland het onder andere met suikerriet en sitrus geboer en het onlangs sy plaas verkoop omdat hy wou aftree. Hy het sy hele lewe in die gebied gewoon en geboer.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Bron: The Witness

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SANETTE HENNING ·

Wens ek kan mnr Zuma vra Wie en wat kan die plaasaanvalle stop of is dit ok met hom want lyk nie of hy wil optree nie Boere is ons voedsel sekuriteit anders sit ons binnekort langs Mugabe en is almal werkloos en honger. Kan die arme drommels dit nie insien nie NEEEEEE hul dink nie aan toekoms net nou aan roei die witboere uit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

william ·

Dit is terreur aanvalle en moorde om vrees in te boesem en om die boere van die plase af te kry. Zuma keur dit goed want dit is ANC beleid. Dit is oor en oor bewys dat hulle kan nie n land regeer nie. Hulle het geen trots nie en stel nie daarin belang om hulle self op te hef nie. Die ANC is een groot misdaad sindikaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.