Boer vermoor, vrou skuil in badkamer

ʼn 58-jarige boer is gisteroggend op sy hoewe buite Brits in Noordwes vermoor.

Brig. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie soek na vier mans wat glo verantwoordelik was vir die aanval. “Volgens die boer se vrou het hulle wakker geskrik nadat hulle vreemde geluide buite die huis gehoor het.” Ngubane sê die boer het gaan ondersoek instel waarna een van die aanvallers hom in sy regterbeen geskiet het. Die boer is ook met ʼn graaf oor die kop geslaan. Hy is op die toneel dood. Die boer se vrou het haar in die badkamer toegesluit. “Sy het later uitgekom toe dit stil was en haar man in ʼn plas bloed gevind.” Die verdagtes het met ʼn selfoon en twee gewere gevlug. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.