Boer wat Boeremaglede versteek moet tronk toe

Herman van Rooyen word op 20 Januarie 2007 deur die polisie in Centurion, Pretoria in hegtenis geneem. Foto: SAPA

‘n Boer van Modimolle (Nylstroom) in Limpopo wat twee vermeende Boeremaglede op sy plaas versteek het moet vir drie jaar tronk toe gaan nadat die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein ʼn vroeëre hooggeregshof-uitspraak bekragtig het.

Rudi Gouws word op 20 Januarie 2007 deur die polisie in Centurion, Pretoria in hegtenis geneem. Foto: SAPA

Jaco Bogaards en sy vrou, Bess, is in Junie 2008 skuldig bevind op aanklagte van die oortreding op die Wet op Terrorisme nadat hulle Herman van Rooyen en Rudi Gouws, twee vermeende Boeremaglede, op hul plaas laat skuil het nadat hulle in Mei 2006 uit die Pretoriase hooggeregshof ontsnap het. Bogaards se borgtog is tydens sy skuldigbevinding van R10 000 tot R50 000 verhoog. Die egpaar het Gouws en Van Rooyen van Mei 2006 tot Januarie 2007 op hul plaas Waterbessiefontein, sowat 17km buite die dorp, versteek. Van Rooyen en Gouws is ʼn week na die Bogaardse se inhegtenisneming op 20 Januarie 2007 in Centurion in hegtenis geneem. Vyf van die 21 Boeremag beskuldigdes, waaronder Gouws en Van Rooyen, het in Mei vanjaar tydens ʼn hofverskyning probeer ontsnap. Die mans wat onder meer aangekla word van hoogverraad, terrorisme, sabotasie, moord, die veroorsaking van ontploffings, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en poging tot moord, se verhoor duur al langer as agt jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.