ʼn Boer van Limpopo het Maandag in die Groblersdal landdroshof verskyn nadat hy glo twee van sy werkers aangerand het.
ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Ronel Otto, sê Piet Swart (57) het na bewering sy honde losgelaat op ʼn vroulike werker en ʼn ander werker bygedam. Die saak is uitgestel tot 30 Januarie wanneer Swart ook op aanklagte van moord en poging tot moord sal verskyn. Dié aanklagte hou verband met ‘n voorval waar Swart na bewering ʼn 14-jarige seun doodgeskiet en ʼn 17-jarige seun gewond het nadat hulle en nog twee vriende in Oktober visgevang het op sy plaas. Swart is kort hierna op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy het glo tydens sy vorige hofverskyning aangevoer dat hy oor die seuns se koppe wou skiet. Swart het die gewonde kinders na die hospitaal geneem. Otto se talle ontstoke gemeenskapslede het Maandag voor die hof betoog aangesien hulle ongelukkig is dat Swart tydens sy vorige verskyning borg gekry het.