Boer wat glo tienerseun doodskiet, uit op borgtog

ʼn Boer van Groblersdal wat aangekla word van die moord op ʼn 14-jarige seun is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die SABC berig die 58-jarige Petrus Swart is vroeër die week in hegtenis geneem nadat hy glo Gift Mbangini doodgeskiet het en nog ʼn tienerseun gewond het. ʼn Polisiewoordvoerder, lt. kol. Ronel Otto, sê Mbangini is glo doodgeskiet nadat Swart hom en drie ander seuns op sy plaas betrap het waar hulle visgevang het. Otto sê die tieners het glo weggehardloop toe hulle Swart gesien het. Hy het glo op hulle losgebrand en Mbangini is in die agterkop getref terwyl ʼn 17-jarige seun in die hand getref is. Swart het die gewonde tieners na die hospitaal geneem waar Mbangini aan sy wonde beswyk het. Cosatu sê intussen hy verwerp die toestaan van borgtog en sal ‘n optog hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.