Boer wat standbeeld afbreek Dinsdag gevonnis

ʼn Boer van Bethal wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn standbeeld van ʼn vryheidsvegter afgebreek en probeer steel het, sal na verwagting Dinsdag in die Bethal landdroshof gevonnis word.

Corné van Tonder (25) het glo in die vroeë oggendure van 25 Januarie die standbeeld van Nokuthula Simelane afgebreek deur ʼn tou om die standbeeld se nek vas te maak en dit met sy bakkie om te trek. Simelane was ʼn lid van Umkhonto weSizwe en is vermoedelik gemartel en doodgeskiet. Sy liggaam is nooit gekry nie. Van Tonder het glo die gebreekte standbeeld op sy bakkie gelaai. Sy bakkie het glo ʼn pap wiel gekry en hy is deur die polisie met die standbeeld agterop die bakkie betrap. In Julie vanjaar is daar beslag gelê op Van Tonder se bakkie. Die voertuig gaan glo verkoop word om die skade aan die beeld te delg. Die skade beloop glo meer as R200 000. Van Tonder is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.