Boere bekommerd oor duurder elektrisiteit

Argieffoto

Boere is baie bekommerd oor Eskom se voorgestelde 16% tariefverhoging, het Dan Kriek, president van landbou in die Vrystaat, Maandag gesê.

“Die verhoging kan tot verdere werksverliese lei en is nie produktief teenoor die ontwikkelingsdoelstellings wat ons graag wil bereik nie,” het Kriek in Bloemfontein aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) gesê. Kriek sê die verhoging sal ‘n direkte impak hê op plaasarbeiders wat nie gratis basiese dienste van munisipaliteit ontvang nie.

Eskom het ‘n aansoek ingedien om die prys van elektrisiteit met jaarliks oor die volgende vyf jaar met 16% te verhoog. Eskom het beraam dat hy ongeveer R1.1 triljoen gaan benodig vir sy infrastruktuur-instandhouding, personeelkoste en groei.

Kriek sê dit is reeds onbekostigbaar vir nuwe boere om elektrisiteit op ‘n plaas te bekom. Boonop sal voedselpryse op handelsvlak ook styg weens die impak wat tot ‘n beperking van produksie in primêre landbou kan lei. “Gevolge vir die armstes van die armes sal baie erg wees,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.