Boere gewaarsku teen sprinkaanplaag

Boere van die Noord-Kaap is gewaarsku om vinnig op te tree om hul oeste te beskerm teen swerms sprinkane.

Phemelo Manankong, die provinsie se departement van landbou se woordvoerder, sê veral die provinsie se Pxley Ka Seme-gebied staar dié plaag in die gesig as die probleem nie gou onder beheer gebring word nie.

“Sprinkane kan met hul gulsige aptyt landerye verwoes, asook natuurlike plantegroei wat diere benodig om te vreet,” het hy gesê.

Manankong sê die departement het voorheen ernstige probleme gehad omdat boere nie sulke plae aangemeld het nie en hulle nie vroegtydig daarteen kon optree nie. “Ons doen ʼn beroep op boere om dadelik die departement in kennis te stel sodat die sprinkane se vestigingspatroon vasgestel en beheer kan word,” het hy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

rika ·

Laat die BOER wat kan BOER en die sit en toekyk wat gratis betalings ontvang!

Wil jy my nou vertel n boer sal net toe kyk hoe sy landerye verwoes word deur sprinkane en niks daaraan doen nie!! Plaas lewer die regering hulp aan die boere wat sukkel om die plae onder beheer te bring as om te sit en komentaar te lewer oor goed wat ons BOERE mEe grooot geword het!!

Brenda ·

Ek dog die sprinkaanplaag is klaar op die boere?? Hulle kry nou R105 per dag! :-D

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.